Voetspore 1 – Die Vroeë Jare

R6 240.00

Voetspore 1 – Die Vroeë Jare is ‘n literatuurryke studie van Suid-Afrika vir kinders tussen 8-14 jaar.

Die bygewerkte kurrikulumhandleiding, wat die feitelike historiese agtergrond van die 27 historiese fiksie verhale verskaf, is geskryf met die vertelling en dialoog van ‘n ouma wat die verhaal van Suid-Afrika aan twee van haar kleinkinders tydens teetyd vertel. Saam met hulle sal jou kinders eeue oue raaisels, politieke toesmeerdery en staaltjies ontdek wat die geskiedenis interessant maak, eerder as ‘n vervelige lys name en datums.

 

Availability: Available on backorder

SKU: V03-1 Category: Tags: , ,

Voetspore is die eerste kurrikulum in sy soort vir tuisonderwysgesinne in Suid-Afrika, en bied ‘n Charlotte Mason, literatuurryke, tuisonderrig-opsie.

Voetspore 1 – Die Vroeë Jare gaan oor die geskiedenis van die eerste mense wat in ons land gewoon het, en die stigting van nuwe kolonies. Dit fokus op die verskillende inheemse bevolkingsgroepe, sowel as die Nederlandse, Franse en Britse setlaars en die botsings wat plaasgevind het toe mense die binneland ingetrek het.

  • Die program word as ‘n pakket verkoop wat al die noodsaaklike boeke insluit. Natuurskattejag 1 is die meegaande natuurwetenskap program.

Voetspore 1 – Die Vroeë Jare bestaan uit:

  • Ouergids
  • 27 Boeke
  • Tydlynboek
  • Suid-Afrikaanse heldeboek
  • Suid-Afrikaans kunsafdrukke vir kunswaardering
  • Suid-Afrikaanse kaart
Weight 7 kg

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Voetspore 1 – Die Vroeë Jare”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may also like…