, ,

Natuurskattejag 1

R4 225.00

Natuurskattejag 1 sal teen einde Januarie 2025 beskikbaar wees. Bestel nou vir aflewering sodra dit gedruk is!
Natuurskattejag 1
is ‘n storiegedrewe leersafari om die natuurlewe en natuurlike omgewing van Suid-Afrika te verken. Die program is gemik op ouderdomme 8-16 en selfs ouer. Goeie literatuur ken geen boonste ouderdomsperke nie, so ouer tieners en ouers sal dit verseker ook geniet.

  • Kurrikulumgids
  • 12 Hoofstukboeke
  • 1 Naslaanboek oor uitvinders en innoveerders
  • Muurkaart van Suid-Afrika*
  • Drukbare prentjieskyfies
  • Kursuswebwerf met skakels, videogrepe, musiekwaardering en ander verrykende hulpbronne*Maak ‘n aantekening in die kommentaarblokkie as jy reeds ‘n muurkaart saam met ‘n ander pakket gekoop het. Kies die EFT betalingopsie en dan kan jy die verminderde prys (-R150) betaal.

Availability: 4 in stock (can be backordered)

Natuurskattejag 1 bied tuisonderwysgesinne ‘n unieke, literatuurgedrewe leersafari wat jou gesin op ‘n ontdekkingsreis neem deur vyf van die verskillende natuurlike biome van ons wonderlike land.  Julle gaan ook die see induik en die ongelooflike seelewe bewonder, op beide kuste van Suid-Afrika. Hierdie Suid-Afrikaanse tuisonderwyskurrikulum gebruik stories deur skrywers wat passievol is oor hul vak, eerder as vervelige handboeke. Dit maak dit wat jou kinders leer onvergeetlik. Wanneer dit met werklike ervaring  in die natuur in jou plaaslike omgewing, gepaard gaan, het jy ‘n wenformule. Die inligting word integraal verbind met die ‘steierwerk’ van inligting oor die wêreld wat reeds in jou kinders se breine bestaan.

Voetspore 1 is die meegaande program vir Sociale Wetenskappe.
Natturskattejag 2 is die opvolg.

You may also like…