Boereplaas Bordspeletjie

R475.00

Boereplaas is ’n bordspeletjie wat reeds dekades Afrikaanssprekendes se gunsteling is. Hierdie Boereplaas beloof opvoedkundige vermaak vir die hele gesin; dit is geskik vir 2-6 spelers en leer kinders (en grootmense!) van die hantering van geld, wins en verlies, oordeelkundige aankope en boerdery.

Die doel van Boereplaas is om besluite te neem oor jou boerdery, sodat jy maksimum wins verkry en genoeg geld bekom om jou plaas (bord) met prentkaartjies te voltooi.

As jy nog nie vir oom Sakkie ken nie, gaan hy die lewe vir jou versuur!

Availability: 1 in stock

Category:

Boereplaas is pret, maar ook opvoedkundig. Dit leer kinders (en grootmense) van boerdery, ondernemingsgees, taalvaardighede, rekenkunde en sosiale interaksie. Ook hoe om met geld te werk. Jy moet oordeelkundig op jou plaas boer, anders speel jy dalk bankrot of kan jy nie ’n trekker of huis vir jou plaas bekostig nie. Leer om somme te maak as jy aankope en verkope doen en van die goeie en slegte tydings met boerdery.

We started playing it two years ago when my oldest son was 6 years. It helped so much with maths and doing calculations for change with money. Now he reads all the cards for his brother as well.” ~ Tharina Opperman

Boereplaas Bordspeletjie - Oom SakkieOntmoet vir Oom Sakkie, die grootste niksnuts wat ongelukkig jou plaas bestuur! Hy kan niks regdoen nie. Hy leen jou (die boer) voertuig en gooi petrol in jou diesel bakkie en stamp die bakkie as hy dorp toe gaan. Hy leen ook geld en dobbel alles uit by die casino. Hy is ‘n totale ramp! Ongelukkig het jy vir oom Sakkie nodig om jou boerdery aan die gang te kry.

Some of many positive comments from parents on the Footprints Facebook Group:

“My kinders geniet dit baie.” ~ Christine Steenkamp
“Myne ook!” ~Heloise du Toit
“Excellent game, so much fun.” ~ Chantelle Lambrecht
“I absolutely loved it as a child. My children play it too.” ~ Linnie Lues
“Awesome game. Even had a huge teaching moment about the ‘oom Sakkies’ in real life.” ~ Sarie Landman
“Good finance lessons. Not a walk in the park to farm.” ~ Jennifer Leeuvennink
“We love this board game. As English speakers, it is helping to learn Afrikaans!” Bridget Myburgh